Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Dogter van Sion
Jou Koning kom na jou
Dogter van Sion
Hy's nederig en getrou
Op die vul van 'n pakdier
Kom Hy deur Jerusalemspoort
Laat die skares feesvier
Ewige lig van die Woord


Refrein:

Hoor die kinders sing:
Hosanna, Hosanna
Hosanna, Bar Yeshu-u-u-u-u-a
Hosanna, hosanna
Hosanna, Bar Yeshua!



Dogter van Sion
Jou Koning kom na jou
Dogter van Sion
Sy liefde wil jou omvou
Hy kom in die Naam van die Here
Sprei jou klere voor Hom oop
Hosanna in die hoogste hemele
God's liefde, geloof en hoop


Dogter van Sion
Jou Koning kom na jou
Die Seun van Dawid
Het sy tempel kom bou
Nasies buig in aanbidding
Voor die Christus neer
Sleutel van oorwinning
Verlosser, Redder, Heer!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Tong in die kies

deur Delene de Wet

My menswees: my blydskap, humor, nostalgie, ironie, walging en poppies uit pram gooi, en ja, natuurlik ook vuurwarm liefde in die vorm van kortverhale, gedigte, monoloƫ en briewe. Die boek is 'n gesprek met jou, die leser, want op die einde van die dag is ons eintlik almal besig met dieselfde avontuur in die soeke na oorlewing.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar