Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ons wonder nog wat van Driekie geword het, net toe ons dink ek sy’s nou terug op Woes en kan voortskryf aan haar roman, Lynlopers, kom daar iets anders onverwags oor haar pad.

Haar boek "Koester jou Menswees" is klaar geredigeer en tans by die drukkers. Dit is 'n dagstukboek met van haar bloginskrywings, 'n inspirasieboek.

En toe uit die bloute kontak 'n Internet radiostasie haar en vra of sy asseblief vir hulle twee keer 'n week 'n program sal aanbied. Lees verder wat Driekie self hieroor sê:


“Ek was uit die veld geslaan maar is super opgewonde want dis iets wat ek nog altyd baie graag wou doen. Inteendeel het my Afrikaanse onderwysers op skool altyd vir my gesê ek moet eendag 'n radio-omroeper word want ek het die stem daarvoor.

Wel om 'n lang storie kort te maak, alles het baie vinnig gebeur en hierdie hele week is dinge in plek gekry sodat ek Maandag op die lug kan gaan.

My program gaan uitgesaai word op Maandae en Woensdae oggende vanaf 10:00 tot 11:00 en die program se naam is raai???? Koester jou Menswees. Dis 'n beradings/inspirasie program. Rainbow Gospel Radio is 'n Sendingradio-stasie wat uitsaai vanuit die Midde-Ooste regoor die wêreld.

Die link vir die radio is http://streema.com/radios/RainbowGR.

Ek het vir jou die inleiding van my program aan wat ons vandag opgeneem het en elke keer gaan speel as die program op die lug kom. Dit gaan 'n lewendige uitsending wees.

Gaan loer gerus na hulle webwerf www.rainbowgr.com.

So nou staan die storie weer stil, maar sodra ek my voete gevind het en alles in plek is en ek weer in 'n roetine is, sal ek beslis voortgaan met my storie.

Soveel wonderlike goed het die afgelope tyd gebeur waaroor ek baie opgewonde is. My eerste boek "Koester jou menswees" kom nou uit en is ook beskikbaar by Kwart Uitgewers/ Kalahari en Leserskring en ek het ook my eie Koestergroepie so rukkie terug begin by die Kerk waar ek voltyds berader nou is, en nou gaan ek ook my eie radioprogram kry Koester jou Menswees. Dis nog 'n baie groot WOW vir my en ek voel klein en nederig voor die Here vir soveel guns en seën. Al my drome is besig om waar te word.

Wou maar net laat weet hoekom ek nou weer so stil en weg geraak het.

Groete en liefde aan almal.”




Baie, baie geluk, Driekie!! Ons is alweer trots op jou. Genugtig, maar jy’s ‘n besige vrou vol talente!!!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Baie geluk
Voorwaar 'n mylpaal wat jy behaal het. Baie geluk en alle voorspoed vir jou vorentoe.
4 jaar 7 maande 5 dae 9 ure oud


Weer
TROTS indeed!!!
4 jaar 8 maande 1 week 2 dae 9 ure oud


Waauw!
Baie, baie geluk, Driekie ~ ek wens jou baie seën en sterkte toe vir al hierdie wonderlike dinge!

Dankie vir die in kennis stel, Carol . . .
4 jaar 8 maande 1 week 3 dae 15 ure oud


koester
Baie geluk, Driekie. Sjoe, jy is omtrent aan die gang. Jou stem is perfek vir radio . . .dis 'n wonderlike geleenthied. Mag dit baie geseend wees :-)
4 jaar 8 maande 1 week 3 dae 21 ure oud


Driekie
Jy het 'n baie mooi stem. Perfek vir radio!!!! :)))
4 jaar 8 maande 1 week 4 dae 1 uur oud



Van liefde en so ...

deur Robelle

Verse oor liefde in blom, in krisis, verlore ... verwerkte grappies in digvorm



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar