Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

trappe op...af met die gang
kamer no. 401
402
403
404
405
kamer no. 406
dis net nóg 'n kamer...soos al die res

links in die hoek lê tannie sus-en-so
"en kan nie meer loop nie, my kind...
jy moet my glo....."

langsaan haar...aan die vensterkant
lê daar vandag...'n heel ander vrou
een wat baie van klein hondjies hou

oorkant haar sit een langs haar bed
haar tenger lyf...byna dubbel gevou
sy soek haar tee...en sy soek dit nou

regs in die hoek...daar lê 'n lewende lyk
oopmond, asvaal...en byna net been
is dít my voorland...laat ek liewer nie kyk

(half-uur later en)
af met die gang...tot net voor die trap
ek hoor die orreltjie en makeer my pas
sy's byna tagtig...dit is tannie van As...

en ek weet sy speel...
met twee krom hande
maar sy droom nog 'n droom...
in 'Groen koringlande'




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Droom 'n droom ons in groen koring lande - Viooltjie


Alles eenvoudig en daarom juis pragtig!
5 jaar 8 maande 1 week 3 dae 10 ure oud


***
Willie, jy't hierdie uitsonderlke gedig van Viooltjie regtig baie goed aangebied. Die lied wat net op die regte tyd insny beklemtoon die slotvers se trefkrag pragtig -- baie mooi!
5 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 20 ure oud


Puik gedoen!
Dis werklik besonders, sjoe, ja nee ek stem saam met wat Viooltjie sê, die einde laat my hoendervleis kry!
5 jaar 8 maande 2 weke 2 dae 4 ure oud


Droom
O, ek het 'n ding oor ouetehuise. Dis tog te vreeslik hartseer en jy het die gevoel mooi beskryf.
5 jaar 8 maande 2 weke 2 dae 5 ure oud


droom
puik gedig en ook die verwerking deur sneeuwolf (willie)
5 jaar 8 maande 2 weke 2 dae 6 ure oud


koringlande
Willie...ek wil net se...hierdie is sooo mooi gedoen. 'n Baie groot, groot dankie. Dis pragtig en sensitief voorgelees en die speel van die lied aan die einde bring 'n wonderlike nostalgiese atmosfeer. Welgedaan...
5 jaar 8 maande 2 weke 2 dae 11 ure oud



Die Lady en die Leeu

deur Rachelle du Bois

Sy is een keer gevang, maar nou is sý die jagter met die prooi in háár visier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar