Musiek & Lirieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek bly op 'n eiland
Wat nooit op kaart verskyn,
Wat soms ondermaans oor die horison dans
En dan skielik weer verdwyn.

Ek sien die draai van die buitekring
As die nagdiens kers opsteek,
En ek staan douvoordag op die rotse en wag
Vir eerstelig om te breek.

En as die water en hoë winde saamtrek
En om my eiland-huis begin stoot,
Dan staan ek bo op die uitkyk
En ek seil hom soos 'n boot.
Ja, ek bly op 'n eiland
En ek seil hom soos 'n boot.

En hou 'n lyn na die Suiderkruis,
Waar hy deur die ewigheid vaar
En van hoog teen die boog die kontoere beoog
Wat geen mens kan gewaar.

Maar in murg en in been klink die roep en gedreun
Wat die donderweer herhaal:
"Om die roete te sien wat die nagwagte sien
Moet jy eers verdwaal."

En as die wysers draai in die hemel
En wegraak agter die weer,
Dan hou ek styf vas aan die handlyn
En ek vlieg hom soos 'n vlieër.
Ja, ek hou 'n lyn na die Suiderkruis
En ek vlieg hom soos 'n vlieër.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

***
Mooi woorde hier en ek sien baie potensiaal vir skaaf en toonsetting. Wie gaan die toonsetting doen, of is dit reeds gedoen?
5 jaar 7 maande 1 week 4 dae 2 ure oud


Eiland
Dis baie mooi geskryf.
5 jaar 8 maande 3 weke 1 dag 19 ure oud



Stromateia: 'n Lappieskombers van Gedigte

deur Vesting

Op aandrang is die gedigte van Vesting wat op Woes gepubliseer is, in boekvorm uitgegee (A5, slapband, 28 pp). Navrae: 072 4078561



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar