Musiek & Lirieke

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende








 Groet dan maar jou Tafelberg
en groet jou Bloubergstrand
groet jou branders waar hul breek
oor die wit van weskus sand
en wyl die suidoos nog vir oulaas
oor piek en kranse waai
groet jou Hangklip en jou Rooiels
en sê "vaarwel my Gordonsbaai."

In die Noordkaap wuif 'n kokerboom
wyl die Namakwa vir jou blom
maar groet solank die fynbos
(daar by Darling)
as die trekvoëls huis toe kom.
Groet dan sommer ook die winterwind
o, lentekind . . .
groet jou son.

Verby is jou Karoo
jou Kgalagadi se woestyne,
verby hul helder nagte
die maan en sterre bo hul duine.

Groet die Vrystaat
waar die heuwels
pers lê in die niet.
Hoor hoe sing die naguiltjie
en wéét
haar hart is vol verdriet.
Kyk nog een keer hoe die lang gras
oor die wye vlaktes baan
en verduid'lik vir die bitterbos
hoekom jy moet gaan.

Groet die Strydomtonnel
bo die Drakensberg vallei
huiwer vir 'n oomblik
om jou laaste blik te kry.
Groet die vrou met die krale
en die baba teen haar bors
groet die melk
groet die heuning . . .
(hallo, dors)

Gaan groet jou Tsistsikamma
en ry nog een lang draai
tot binne-in jou Transkei
gaan sê vir haar koebaai.

Sit teen skemer langs 'n bosveldvuur
en laat brand dit tot die môre-uur.
Groet die maroela en die doringboom
en keer jou rug na die Transvaal.
Neem dán maar afskeid van jou suiderland

en groet jou mense
. . . groet jou taal.



C. Shaw
15 Oktober 2015




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

tasse
Baie, baie dankie, Willie. Ek waardeer so al die tyd wat jy aan hierdie een afgestaan het. Dis regtig vir my lekker om daarna te luister. Pragtige musiek ook. Dankie ook vir die mooi inleiding :-)
4 jaar 1 maand 3 weke 5 dae 1 uur oud



Beskuldig dan die Liefde

deur Rachelle du Bois

Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar