Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Ek hoor met jòù siel die loerie-geroep
in 'n boom agter jou perske wat bot;
sien die son se skaduspel op jou stoep
tydelik nou agter grendel en slot.

Ag, ek heimwee in verlang saam met jou
na jou bliksembos wat oranje brand,
na spinnerak bedou wat gras versnaar;
ongebonde jeug vir oudag's onthou.

En ek hoor (nes jy) fisante wat skril
vanaf 'n muurshoop sy liefdeslied sing
en trag dan dom om verlange te stil
deur aan my Sepper 'n danklied te bring.

...Mag die genade -as genoeg geag-
vir ons genoeg wees van dag tot dag...




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

ek hoor
Mooi gepen.
4 jaar 5 maande 3 weke 2 dae 6 ure oud


EK HOOR - Koekekranka
Og, ek kan maar net vir julle twee uit die hart dankie sê vir so baie vir so druppelmin...
4 jaar 5 maande 3 weke 3 dae oud


***
Baie dankie Willie, vir jou mooi aanbieding van Koekekranka se pragvers. Dit raak my diep en oorweldig my. Dankie ook weer, Koekekranka...
4 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 1 uur oud



As drome waar word

deur Evelyn van der Merwe

Sewentig gedigte wat ‘n buitengewone vrou se lewe beskryf. Sewentig boodskappe van lief en leed uit die pen van ‘n vrou wat op die harde manier geleer het om meer as die gewone teenslae van die lewe te hanteer, om sterker te word en uiteindelik om sterk te wéés – nie net vir haarself nie, maar ook vir die mense rondom haar.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar