Weergawe: 1
Aantal woorde: 139
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 28 Dec 2014
U woord sê U ken my by die naam
tot die hare van my hoof is getel
reg deur my nietige menselewe
is daar soveel goed om van te vertel
loof en prys U Almagtige naam
groot bo alles in die ganse heelal
deur riviere en storms van die lewe
dra en beskerm U ons almal
omdat U my oneindig liefhet
en ek kostelik is in U oë
skenk U dan die Losprys
al is ek deur sonde neergeboë
groter, meer kosbaar as twee mossies
is U genade onbeskryflik wyd en groot
U liefde vir my as sondaar, nietig mens
voorsien U ook ons daaglikse lewensbrood
daarom sal ek geen verdere onheil vrees
want U Vader het my aan kruis verseker
ek is meer werd as ‘n suiwer of mossie
so herinner U my by die Nagmaalsbeker
© Anzé Bezuidenhout
Lees ander lirieke deur sneeuwolf
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die liriek
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie liriek
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Swartberg
n Bundel van 54 gedigte oor n hele aantal jare geskryf. Beskikbaar in elektroniese formaat.