Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende







 en nou...
aan die einde van Julie-maand
as winterswolke - vir 'n wyle - wyk
en daar's lente-beloftes in die lug
dan staan ek weer...op Varingkop
en kyk...

ek kyk hoe kom die rooi son op
agter Bolandsberge
wat ewig in die verte blou...
wyl die wit mis
om haar voete hang

(die gras en bossies drup van dou)

.....en oor Northpine vlieg 'n kolgans
verby...verby...verby...
wyl my blik oor dal en woonbuurt gly
tot by die pêrel
op die verste kim
tot dáár...
waar Franschhoek krans
teen deinserige horisonne klim

*

O,...my dertig-dae-'n-berg
elke keer as ek jou sien
dan wis ek
jy kan tog nooit nie mooier

maar vroeg van-oggend
staan ek toe weer verstom
toe ek oor die hoogtste heuwels
van híérdie plek...
van varings kom




C. Shaw
31 Julie 2014



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

A+
Dit is baie mooi.
5 jaar 3 maande 3 weke 7 ure oud


Northpine
Willie...dis sommer baie pragtig. Groot dankie. Die voëlklanke en musiek werk wonderlik saam met die gedig. Ek waardeer sommer baie :-)
5 jaar 3 maande 3 weke 19 ure oud



Sirkeldans

deur Driekie Grobler

'n Bundel vol inspirasie en lewenswysheid, lief en leed, maar ook lewenslesse wat ons daagliks ervaar en leer. 'n Saamlag, saamhuil en saamstap-bundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar