Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Tannie Ous, se Fielejan, is 'n karretjiesman
Hy skeer Merino na die beste wat hy kan
Hy ken al die paaie van die Klein Karoo
En sondag is hy predikant, mens moet darem ok mos glo


Fielejan, die karretjiesman, Fiele, Fiele, Fielejan, die karretjiesman!


Die skeerkompetisie het hy laaste jaar gewen
Genoeg bymekaar om Katriena te verwen
Hy weet hoeka sy kan kerrie-afval kook
Daarby is sy so rond en mooi, as sy die vuur voor hom stook



Refrein:

Katriena, met my konsertina
Vra ek die mondige vraag aan jou
Se net ja, vir ou Fielejan, ja, ja, ja!
Want my liefde brand koorsagtig vir jou
Se net ja
Die berge van die Klein Karoo
In Outenikwa staan 'n huisie daarbo
Se net ja
Fielejan gaan jou al die kruiebossies wys
Jy kan dit maar glo, als wat Fielejan jou vanaand hier belo




Vir sy brood werk Fielejan hard van plaas tot plaas
Maar iewers in sy siel kriewel altyd 'n haas
Om met sy span donkies weer die lang pad te vat
Daar onder K'roo sterre te verlang op sy fluitjiesrietmat


Fielejan die karretjiesman, Fiele, Fiele, Fielejan die karretjiesman!


Vanaand gaan Fielejan weer sy bont das aansit
Hy sing jolig-bly, maar in sy hart is waar hy bid
laat Katriena vanaand tog net ja sal se
Dan kan hy na die troue so lekker lepel met haar le.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Inge

deur Rachelle du Bois

Inge Bergh is ‘n suksesvolle sakevrou. Sy besit en bestuur haar eie teetuin in die Bergh Kwekery. Sy is gelukkig en tevrede solank sy net genoeg tyd kry om te verdwyn na haar spesiale hoekie by die fontein. Tot haar skok en ontnugtering vind sy een aand iemand anders daar. By haar plek. Wat soek die stil en teruggetrokke buurman, André Grobler, snags in hulle tuin by haar fontein? Hoekom is hy hier waar sy is, nag na nag? En hoekom kan sy nie wegbly nie – wat is dit wat haar snags hierheen bring, net om hom hier te kry? Sal sy ooit verstaan wat dit is wat hom dryf? Sal sy kan verklaar hoekom sy aan die bewe gaan by die blote gedagte aan die aantreklike man met die versluierde oë?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar