Musiek & Lirieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek sit hier voor my boeke
ek kan nie konsentreer
Daar’s ‘n foto op my laaikas,
Ek het geen verweer

(Refrein)
Want groen en blou en bruin
kan soms helder skyn
Die kleure van jou oë skyn
deur die vensters van my brein

Daar’s ‘n foto in ‘n raam
daar’s ‘n foto in my siel
Daar’s ‘n beeld agter glas
wat keer dat dit verniel

En in my hart wat vrugte dra
gee die Skepperhand vir jou
Hoe sal ek meer kon vra
asof ek ooit sou wou



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

jou stem :)
jy het 'n rustige uitwerking op my
7 jaar 6 maande 4 weke 10 ure oud


Baie gevra
Nou dat ek daaraan terugdink: dis nogal baie gevra van 'n jong student om die akademie en die GROOT LIEFDE gelyktydig te behartig!!
8 jaar 2 maande 1 week 4 dae 19 ure oud


AC
Ek hou hiervan
Welgedaan, dis baie mooi Kritzi
8 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 11 ure oud


Kommentaar
Jou liriek het mooi woorde en ek hou van die akkoorde!

Vonnie.
8 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 12 ure oud


....
En skielik slaan daar sweet pêreltjies op my bolip uit want ek's bang as ek weer kommentaar lewer eindig dit op in 'n gedig!! GIGGEL (ag ek spot sommer met jou!)

Ok, op 'n meer ernstige NOOT....Veral hierdie lirieke is vir my so besonders :

''..Daar’s ‘n foto in ‘n raam
daar’s ‘n foto in my siel
Daar’s ‘n beeld agter glas
wat keer dat dit verniel..''

En veral die kitaarspel is uit die boonste rakke ! Baie geluk my vriend, ek luister steeds graag na jou lieflike warm stem !

groete
ammiemoon
8 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 18 ure oud


Groen
AAH ja 'n lekker ou liefdesliedjie. Het sommer aan my harsnare gepluk, met 'n aansteeklike deuntjie.
8 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 21 ure oud


Blou
Mooi ou Kritzie,
jy kan maar weer
8 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 23 ure oud



Bothaville in the Second Anglo Boer War

deur Francis Gillieron

CHRONICLE OF BOTHAVILLE'S ROLE IN THE SECOND ANGLO-BOER WAR



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar