Musiek & Lirieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

vers 1:
Op grondpad of teer kronkelpad of Karoo
drink ek die skoonheid wat elke dag my bied
en as pitstop my tyd leen, om voorraad op te neem
sien ek hoe groei ek, in jou skaduwee

koor:
want jy's my resiesbaan en spoed, die dwelm in my bloed
jy's my 4x4 se diflock, en die sondebok
wat my hart altyd kom haal, al draai ek weg van jou
jy's die Engel in my lewe, die rots waarop ek ons huis wil bou

vers 2:
As die windhond sy draai loop op die stippels wat soms flits
en my blindekol sy spoke van regs af verraai
vind ek my weg na die Noordster, wat jy saans aansit
'n roete na 'n toekoms en 'n kortpad na jou

koor:
want jy's my resiesbaan en spoed, die dwelm in my bloed
jy's my 4x4 se diflock, en die sondebok
wat my hart altyd kom haal, al draai ek weg van jou
jy's die Engel in my lewe, die rots waarop ek ons huis wil bou

vers 3:
Die sout van my trane, het die woestynsand verspoel
die warm van jou liefde het al die kieme verbrand
al wat voorle is die hoepel van 'n reenboog daarbo
'n nuwe begin op liefde se grondpad

koor:
want jy's my resiesbaan en spoed, die dwelm in my bloed
jy's my 4x4 se diflock, en die sondebok
wat my hart altyd kom haal, al draai ek weg van jou
jy's die Engel in my lewe, die rots waarop ek ons huis wil bou



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Die Storie agter die Storie

deur Christo Nel

'n Bybelse dagboek waarmee jy in 'n halfjaar se tyd dwarsdeur die hele Nuwe Testament, sy verhaal en "nuwe wyn-waarhede" kan werk.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar