Musiek & Lirieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vers 1

Op grondpad of teer
kronkelpad of Karoo
drink ek die skoonheid
wat elke dag my bied
en as pitstop my tyd leen
om voorraad op te neem
dan voel ek hoe groei ek
in jou skaduwee

Koor:

Want jy's my resiesbaan en spoed
die dwelm in my bloed
jy's my 4 x 4 se diflock
en die sondebok
wat my hart altyd kom haal
al dwaal ek weg van jou
jy's die Engel in my lewe
die rots waarop ek my huis wil bou

vers 2

As die windhond sy draai loop
op die stippels wat soms flits
en my blindekol sy spoke
van regs af verraai
vind ek my weg na die Noordster
wat jy saans aansit
'n roete na 'n toekoms
en 'n kortpad na jou

Koor:

Want jy's my resiesbaan en spoed
die dwelm in my bloed
jy's my 4 x 4 se diflock
en die sondebok
wat my hart altyd kom haal
al dwaal ek weg van jou
jy's die Engel in my lewe
die rots waarop ek my huis wil bou

Vers 3

Die sout van my trane
het die woestyn sand verspoel
die warm van jou liefde
het al die kilo's verbrand
al wat voorlê is die hoepel
van 'n reënboog daarbo
'n nuew begin op liefde se grondpad

Koor:

Want jy's my resiesbaan en spoed
die dwelm in my bloed
jy's my 4 x 4 se diflock
en die sondebok
wat my hart altyd kom haal
al dwaal ek weg van jou
jy's die Engel in my lewe
die rots waarop ek my huis wil bou



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

DIGSELS: 'N LEWE IN VERSVORM

deur Johann P. Boshoff

Hierdie bundeling van die digter se "oorgeblewe" Afrikaanse nie-opdragwerke sedert die 1970's is bedoel om biografies gelees te word. Wat 'n reis!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar