Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hercules, groot kragman Hercules
Ag foeitog, vir die wereld wat op jou skouers rus
Altyd onvergenoegd en so beswaard
Wroeg jy dag en nag, oor jou vrag, met jou stoppelbaard


Refrein:

Hercules, ag nee man liewe ouers
Hou jy van die swaar vrag op jou skouers?
Sit tog daai ou groot bal neer
Die aarde kan op sy eie as roteer
Hercules, wanneer gaan jy leer?
Hercules, geen salf aan jou te smeer
Hercules, hoeveel wil jy nog ontbeer?
Hercules, jy maak jouself  so vreeslik seer



Hercules, jou kniee swik onder die las
'n Honderd jaar ouer omdat dit jou pas
Jy sug die lewe behandel jou stief
Maar sien jy nie, jy maak almal om jou depressief


Hercules, groot kragman Hercules
Al krap jou baard kan jou mond so saggies kus
My hart wil vuurwarm liefde met jou deel
Gryp dit vas, voor die kraaie dit voor jou weg kom steel



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

HMmmmm.
Eintlik is dit Atlas wat die Aarde op sy skouers dra...
Maar dit klink of die liedjie kan werk. Dit vloei lekker. :-)
6 jaar 11 maande 3 weke 4 dae 20 ure oud



DIGSELS: 'N LEWE IN VERSVORM

deur Johann P. Boshoff

Hierdie bundeling van die digter se "oorgeblewe" Afrikaanse nie-opdragwerke sedert die 1970's is bedoel om biografies gelees te word. Wat 'n reis!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar