Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Verdrukking, hebsug en haat
Mag broei 'n oorlogstaat
Planeetaarde se brose strukture
Word wit kruise en onthoumure
En rondom die buit
Waar aasvoels dans
Roep die klippe hardop uit
Gee vrede, gee vrede, gee vrede 'n kans


Hannibal ante Portas
Vroue ween en bid en vas
Oor sneeuwit Alp trompet olifant voort
Die vyand le reg voor jou poort
En rondom die buit
Waar aasvoels dans
roep die klippe hardop uit
Gee vrede, gee vrede, gee vrede 'n kans.


Napoleon Bonaparte
Bloed aan alle kante
Grote Alexander van Griekeland
Die wereld stuiptrek in jou ysterhand
En rondom die buit
waar aasvoels dans
Roep die klippe hardop uit
Gee vrede, gee vrede, gee vrede 'n kans


Ceaser Nero, Rome brand
Mensfakkels oor die land
Niemand ontvlug die Nazi gebieder
Holocast en heil, heil, heil, heil Hitler
En rondom die buit
waar aasvoels dans
Roep die klippe hardop uit
Gee vrede, gee vrede, gee vrede 'n kans



Refrein:

Hannibal ante Portas
Vyand voor ons poort, bid en vas
As soldate teen ons opmars
Handgranate om ons losbars
Hou ek, liefste, jou styf vas
Deur wit missiele van hel
Deur ontploffings se skrapnel
Deur swawel en vuur
Word ek jou beskermingsmuur
Soos die Bateleur se vlug
Bou ons liefde 'n brug
Oor bloupers kloof en krans
Gee ons vrede, vrede, vrede
Gee ons vrede 'n kans.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

vriend/vyand
Soms tree ek onnadenkend op. Miskien moet ek my weerhou van kommentaar op inhoud. Die gedig is goed geskryf en treffend, ook in die tema. Of dit nou 'n positiewe of negatiewe konnotasie by my na vore bring, is nie ter sake nie. Ek was moontlik verkeerd om so daarop te reageer. Dis goed geskryf en dit is mos eintlik wat saakmaak. Weereens 'n bewys van geproggrammeerde Pavlov se hond sindroom by my.... Jammer.
7 jaar 3 maande 1 dag 14 ure oud


Vrede...? Para bellum
Deur die eeue, die milenia.. Die vredemakers is opgevreet deur die aasvoëls by die poorte. Was Hanibal nie gedwing om die Alpe oor te steek deur Rome se aksies nie? Was Hitler nie gedwing in die oorlog in geforseer deur die belaglike vrede van Versaille nie? Soms kan mens nie anders as die wapen opneem nie, die bose los soms geen alternatief nie. Die geskiedenis word deur die oorwinnaars geskryf, dit is nie altyd die regverdiges nie. Wat van Dresden? Wat van Cartega se lande wat met sout gesaai is? Die Romeine was nie engeltjies nie. Die "Kerk" ook nie. Wat van die konsentrasiekampe in die Engelse oorlog? Jopie Fourie se teregstelling in die rebellie?
Daar is diegene wat "vrede, vrede" skree terwyl daar geen vrede is nie... So staan dit ook geskryf. "Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard..."
7 jaar 3 maande 1 dag 14 ure oud


Hannibal
Knap gedaan Karmenaadjie.
7 jaar 3 maande 1 dag 23 ure oud



Volg net die Skoenlappers

deur Anria

Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar