Musiek & Lirieke

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


die goue randjie om die wolke
is in appelkoos getint
en daarbeneë
- in son gehul -
die hoogste bergkrans punt

en teen die hang
die wingerdstok
gekruisigd in haar stans
met net die sagste winterwind
wat...
- vol verwagting -
om haar dans

en wyl sy salig teen prieële rus
haar naakthied deur die son gekus
bot beloftes...(ongesiens)
- vol en ryk -
wat aanstons
op elk bar en kale loot sal pryk

*

kom dan tog die lente
vryf ons reeds die glase blink
want...
teen die einde van die somer
- in die najaar -
sal ons die nuwe wyne skink





C. Shaw
1 Julie 2014




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Herlewing
Pragtige voorlesing, Willie. Groot dankie vir al die moeite wat jy doen. Met die lees, die musiek en die foto's
5 jaar 11 maande 4 dae 3 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Buffelshoek se nuwe stasiemeester

    deur neels claasen

    n Spoorwegroman oor die lewe op die buitestasies in die sestiger en sewentiger jare



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar