Musiek & Lirieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hier tussen die sterre,
waar ek my soms bevind.
Hier naby die maan,
in die sprokies van ‘n kind.
Dis hier waar ek jou kry, hier wag jy vir my.
In my drome, hier sal jy ewig bly.

Hier tussen die wolke,
waar my dagdrome begin.
Hier naby die son,
maak jou woorde skielik sin.
Dis waar ek jou kry, hier wag jy vir my.
In my drome, hier wil ek ewig bly.

Hier hoog bo die aarde, ver van die gewemel.
Waar liefde vlerke kry, in ons eie hemel.
Dis hier waar ek en jy vry op die wind kan ry.
Hier vou jy jou arms veilig rondom my.

Hier tussen die semels,
waar ek my nou bevind.
Hier tussen die mense,
waar tyd en geld verblind.
Dis waar jy my kry, hier kom haal jy my.
In my drome, waar jy my weer bevry.

Hier hoog bo die aarde, ver van die gewemel.
Waar liefde vlerke kry, in ons eie hemel.
Dis hier waar ek en jy vry op die wind kan ry.
Hier sluit jy jou arms verewig rondom my.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Pragtig
Ek hou hiervan. Dit klink goed op die oor.
8 jaar 7 maande 1 week 5 dae 2 ure oud


Hier in my drome
Baie mooi geskryf. Het beslis potensiaal. Ek hou veral van:

'Hier hoog bo die aarde, ver van die gewemel.
Waar liefde vlerke kry, in ons eie hemel.'
8 jaar 11 maande 2 weke 4 dae 23 ure oud



Geweeg

deur Manie Jackson

Gedigte van skooldae af , die tyd toe ek geweeg is, tot ek getrou het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar