Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

kyk hoe mooi hang die wolke in die blouste lug
kyk hoe breek die branders waaroor die seemeeu vlug

kyk hoe wit rus die duine so al langs die strand
kyk hoe swart blink die rotse teen die waterkant

kyk hoe geil groei die vyge met blomme in geel
kyk hoe pienk-rooi arctotis in die skuinswind speel

kyk hoe groen lê die see-wier en bak op die sand
kyk hoe sag skyn die son wat deur mistigheid brand

kyk...

kyk hoe mooi dit alles lyk...

kyk...




C. Shaw
18 Junie 2014



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

***
Baie dankie, Willie...dit was nou regtig PRAGTIG voorgelees. En die musiek werk baie mooi daarmee saam...thanx :-)
5 jaar 8 maande 1 week 2 dae oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar