Weergawe: 1
Aantal woorde: 166
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 22 Jul 2011
Hoeveel bootjies moet ek laat vaar
Hoeveel kere moet ek lieg
of moet ek bieg en sê: “Ek’t jou nog lief”
Hoeveel gedigte moet ek skryf
Bedrieg met wit seile wat ek hys
woorde toegesluit in ‘n kas
of moet ek wag totdat dit jou eendag pas
O die pad is glad
O my oë is nat
Ek sien die liewe lewe het
my kitaar se hand gevat
Hoeveel bootjies in die baai
Laat die wind waai waar die wind wil waai
woorde toegesluit in ‘n laai
gelaai met jou in elke blaai
Hoeveel dinke moet ek dink
voor ek half-dronk in dink verdrink
Na hoeveel hope hoop moet ek na gryp
voordat sy besluit om om te kyk
O die pad is glad
O my oë is nat
Ek sien die liewe lewe het
my kitaar se hand gevat
O die pad is glad
O my oë is nat
Ek sien die liefde het
my kitaar se hand gevat
Lees ander lirieke deur Kritzglas
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die liriek
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie liriek
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Pragtige liedjie wat jy hier sing!
Vonnie