Musiek & Lirieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

O' my geliefde, jou oë is duiwe en hulle lag! Jou lokke warm en sag soos mossies, jou hare is donker golwe wat troos en bekoor, jou glimlag hemels vroom van geheimenesse, betower en verower.

Die reuk van jou liggaam is pure salf. Jou arms is vol genade jou hande sag en teer soos die sorg van 'n moeder. Jou borste is twee vars appels met dadels versier, die heerlikste vrugte in Salomo se tuin. Jou middeltjie is 'n kelk met belofte van die nuwe wyn.

Jou heupe en jou skoot is vir 'n koning om in te rus en konings te verwek. Jou bene is ivoorpilare wat by die paleis hekke waak. Jou voete sal met mates liefde gewas word en met glas en goue sandale beklee word.

My beminde my prinses, my vriendin my skone! Al my fonteine is in jou!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dankie
Ek is bly julle het dit geniet.
4 jaar 7 maande 2 weke 6 dae 20 ure oud


Hofmaak lied
Tom,
Hel man, sal daai mossies in haar hare bly sit wanneer jy haar neer lê en hulle nes verwoes ?

Kyk hierdie meisie van jou is nie van hier nie.
Ek wil nie naby wees as al die fonteine in jou begint spuit nie.


xxxx

Okei.
Grappies op 'n einde.
Die liefde is blind
Die liefde is skilderagtig
Die liefde ken geen grense

Jy moet net oefeninge doen om Simson te word om daai ivoorpilare wat daai paleis van genot bewaak te move . .

Anders is jy droogbek.

Nuut
Fris
Vars en
Baie dem oulik geskryf !
4 jaar 7 maande 3 weke 8 ure oud



Van liefde en so ...

deur Robelle

Verse oor liefde in blom, in krisis, verlore ... verwerkte grappies in digvorm



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar