Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

wie sou kon dink dat eeue terug
soos deur profete lank reeds gesê
daar ‘n Kind sou kom wat in ‘n krip sou lê

in skadu’s van eens donker nag
wys God deur helder Betlehemster
aan nederige skaapwagters die weg

‘wyl Engelekoor in harmonie
verenig in Halleluja vreugdeslied
jubelsing oor wat Hy die mensdom bied

ook vir wyse manne die rigting aandui
om so die Blye nuus te versprei
Hom vereer met wierook, goud en mirre

by nederige krip in stal
word gebore die Soetroos van Saron
die mensdom se enigste Reddingbron

in die skyn van Betlehem ster
het Lig uit duisternis gekom
sodat ons vandag in geloof kan blom

laat skyn dan daagliks in geloof
die glans van Betlehem ster in jou lewe
met ‘n loflied aan Hom as jou ware Redder

© Anzé Bezuidenhout




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

bethlehem ster
baie dankie vir hierdie pragverwerking Willie. Ek waardeer baie !!!
5 jaar 1 week 3 dae 19 ure oud



Weerloos

deur Maangodin

Eroties Afrikaans - sodat ons in ons eie taal geprikkel kan word.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar