Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

ek wou my hart gesluit hou
ek wou jou nie daar hê
ek soek nie weer ‘n keer
‘n hart wat aan flenters lê

maar jy kom met sagte hande
plak met teerheid die skerwe vas
soms wonder ek hoe kry jy dit reg
om die stukke reg te pas

in die vlinder sagtheid van jou hande
lê jou omgee opgesluit
met ‘n vasberadenheid
sal jy jou nie laat stuit

in die diepte van jou donker oë
lê jou liefde vir my daar
as ek soms skielik opkyk
en sien hoe intens jy na my staar

in die streling van jou stem
hoor ek woorde sag en teer
ek wou jou buitekant myself hou
maar ek het geen verweer

in die diepte van jou siel se kern
hoor ek dat jy ook soek
na iemand wat opreg kan liefhê
soos ‘n verhaal in ‘n storieboek

in die wegkruip van jou eie hart
skuil daar ‘n roep na my
want liefde het ‘n ou manier
om hom sommer vanself te laat kry




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Gedoria

deur Martha Maria Jones

Gedoria is my debuut digbundel. U kan dit koop by www.afrikaansenuusagentskap.co.za of u kan my kontak by 0760176453. Ek is tot alles in staat deur Christus.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar