Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

my verlange stroom soos druppels sag
oor die deining van my kartel-wang
in die hartseerkeep van my mond
word dit geluidloos opgevang

deur die diepste gange van my hart
speel die engele ‘n hartseer melodie
en vra dan sag – waarom is jou stem nou stil
hoekom het die lewe my so wreed gekul

my oor hoor steeds jou warm stem
ruik jou menswees aan die klere in jou kas
want tussen gedagtes van toeka en nou
is soveel mooi om te onthou

in die murasies van diep verlange
fluister droomstemme daagliks
saggies in my oor se skulp
ja daar hoor ek steeds jou giggellag
wil ek tussen die wolke vir jou wag

in my oog se veraf kyk
kom die donder en bliksem
van niks verstaan
waarom moes jy dan weggaan
en my van verlange
laat vergaan

© Anzé Bezuidenhout



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

In my oog se veraf kyk
dankie vir hierdie pragtige verwerking en voorlesing Willie ek waardeer baie
4 jaar 10 maande 4 weke 1 dag 22 ure oud



Plek van die Flaminke

deur Rachelle du Bois

Delia Kriel is mede-eienaar van die vakansieoord Zeesig. Haar eerste ontmoeting met Alex Vorster, haar sexy nuwe buurman, laat haar hare rys. Hy jaag haar kat die skrik op die lyf en hy jaag haar die harnas in. Kortom, hy pla haar, vreeslik, aanhoudend. Hy het haar rustige bestaan hier op Zeesig kom versteur en sy is vies, baie vies. Alex se broer, Xander, is die diep een, die stil musikant wat sy hart op Delia se vriendin, Madeleen, verloor het. Hy is koppig en hy weet wat hy wil hê, maar sy is versigtig vir die liefde, want net 'n donkie sal twee keer oor dieselfde klip struikel. En sy is nie 'n donkie nie. Hy is egter die ideale model vir haar beeldhouwerk en haar kunsuitstalling lê voor . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar