Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Hul se geluk is illusie
En liefde is 'n klug
Verlate sonder visie
Het ek ver, ver weggevlug
Toe kom jy soos 'n lentebriesie
Waai tot hier in my hart
Bring ons 'n nuwe missie
Van liefde sonder smart

Liefde, liefde, liefde sonder smart!

As 'n ram sy ooitjie vind
Weerklink 'n ode in die wind
Gaan winter nagte verby
En bot 'n nuwe gety
Waarlik die liefde bestaan
Soos die gang van die maan
Soos klokkespel in die kapel
As ons saans die sterre tel

Refrein:

Vars lentebriesie
Viooltjie van my hart
Bring ons 'n nuwe missie
Van liefde sonder smart!


Geluk is 'n bruid wat straal
En skapies in een kraal
'n Wittebroods gekoer
En koring op die dorsvloer
Ou Blommetjie gee haar melk
Drink saam uit die liefdeskelk
Die Heer se seen is waar
Olyfboomkindertjies om die huisaltaar

Liefde, liefde, liefde sonder smart!

Is geluk dan illusie?
Is liefde dan 'n klug?
Kyk ons liefdesmissie
Bot en dra goeie vrug
Soos 'n wit Amandelboord
Lieflike geur versprei
'n Helder fontein-akkoord
Sal die liefde vir ewig bly!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Pragtig
Die Heer se seen is waar
Olyfboomkindertjies om die huisaltaar

7 jaar 4 maande 3 weke 1 dag 5 ure oud



Die Skree van Stilte

deur Alex Fan Moniz

37 spesifieke gedigte gekies uit ‘n versameling van oor 300 wat ek oor die afgelope 25 jare gedig het, wat ek graag met julle wil meedeel, daar is ook ‘n paar nuwe gedigte spesiaal vir die bundle gepen.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar