Weergawe: 1
Aantal woorde: 138
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 13 Nov 2012
Jane, Jane, Jane, Jane, Janelize
Op haar wangrooi appelblos
Haar lippies ryp granate
Tussen wit en pienk kosmos
Is blydskap haar beste bate
Die ruimtes is haar woning
In haar hare purperwinde
Haar vriendjies miskruier en eekhoring
Is sy die natuur se klein beminde
Refrein:
Wie is so spesiaal? Janelize!
Wie is so spesiaal? Janelize!
Wie is so spesiaal? Janelize!
Dis liefde wat uit haar straal!
Sy dartel soos 'n vlinder
Ongekunsteld bly en vry
Niks kan haar hartjie hinder
Op haar toontjies trippel sy
Die helder skaterlagggie
van 'n lief-doudruppel kind
Bring hoop in elke nuwe daggie
Mag doringdraaad haar nooit vasbind!
My inspirasie muse
Is kleine Janelize
Sy laat yster harte smelt
Liefde nie te koop vir geld
Elke dag word 'n verwagting
Voeltjies kwetter 'n weer begin
Wanneer horisonne uitkring
maak planeet-aarde skielik weer sin
Lees ander lirieke deur Karmenaadjie
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die liriek
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie liriek
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Kiekies
'n Potpourri van aardse en menslike insidente, wat wissel van skreeusnaakse humor tot hartroerende tragedie.