Weergawe: 1
Aantal woorde: 91
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 02 Sep 2015
in die wasem van
purperwinde wat
soos engelvlerke
oor duinesand
vloed
in soet reuk van
wilde jasmyn en
blou vergeet-my-nietjies
maak ek gerwe
doudrup-onthou
met kringe van ‘n
fluweel son vas
'n kyk gevul met
heide-drome wat
laatmiddag deur
oker-wolke huppel
so die horisonbeker
in my irisse oorvol
te skink
soetklanke van
nagmusiek speel
saggies ‘n sielslied wat
my hoor minlik tokkel
op klanke van geswelde
oorryp pers druiwetros
‘wyl die vat van jou hand
my weereens na ‘n land
van melk en heuning lei
© Anzé Bezuidenhout
Lees ander lirieke deur sneeuwolf
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die liriek
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie liriek
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Doret Johnstone-Robertson
'n Lekkerleesboek met kort stories vol liefde, spesiaal vir vrouens en kinders.