Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek is terug na ‘n hele paar dae saam met die kleintjies. Chellie beleef haar laaste maand van swaar dra en elke bietjie hulp met daaglikse verantwoordelikheid, is soos manna uit die hemel.
Ons is terug . . . tuis.
Nie ‘ by die huis nie ‘ maar tuis waar alles en almal ontploffend wag op ons terugkom.
Die rose
Die Amarillas
Die voëls in die bome

Almal verwelkom ons terugkoms
Ons terugkoms – en ek met ‘n sak vol herinnerings en ‘n leeg gemoed.

Die tegnologie is wonderlik maar alles het ook ‘n swak.
Die rekenaar gooi ook weg.
Ek blaai terug deur my bydraes tot Woes en ek vind dat bydraes verlore raak.
Spesifiek by lirieke is daar bydraes waar die rekenaar koel en kalm net sê:
“File not found.”

Met, wat alles in die paar dae by die kinders gebeur het in my gemoed, loop ek tog hierdie een van Rudi Coetzer raak en ek plaas dit gerus weer.

Hy noem die Bydrae:
KABOUTERS BESTAAN TOG NIE .

Dankie Rudi
Maar
Ek het tog ‘n paar wonderlike dae saam met die kleintjies en die paddas en kabouters belewe
En
Anita word more 69 en weet jy wat ?
Ek deel al 48 jaar my Kabouter en Feetjie wêreld saam met haar –
Dus is hierdie liedjie ook vir my spesiaal.


2015/09/28



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die weervoorspelling
wat n pragwerk oom Wolf.Die musiek is net perfek en die voeltjies net te mooi...alles pas net..ook jou stem en die tempo en alles.dankie.
3 jaar 7 maande 4 weke 1 dag 16 ure oud



HOOP

deur Ano

HOOP is 'n hulpmiddel vir persone wat sukkel om die dood van 'n geliefde te verwerk. Die hoofstukke is kort en aan die einde van elkeen is 'n paar vrae wat jy aan jouself kan stel. Vrae soos 'Van watter metodes maak jy gebruik om van jou rou af weg te vlug', of 'Hoe hanteer jy verjaarsdae en ander feestelike byeenkomste'? Hierdeur hoop ek die leser sal tyd in introspeksie deurbring en vir homself 'n paar antwoorde vind.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar