Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


'n Geel sitrus-son trap vir oulaas rooi-rem.
Voor hy blosend agter die heuwels verdaag.
Teen die rooi sandduin eggo die wagter se stem.
As hy die beeste jillend kraal toe aanjaag.


Refrein 1:

Kopstamp! Witlies!
Ho-ho-ho-ho-nou!
Afrika, jou Bitterappelbies!
Koekemekrank! Mooie-mies!
Ho-ho-ho-ho-nou!
Poena, ag nee man sies! ag sies! Nee man, agge sies, sies, sies!



Die rooi Afrikaners van toeka se faam.
Word algar geken elkeen by sy eie naam.
Waar hul suip by die krip onder sweepgeklap.
Voor hul bulkend met die stofpad af stap.

Ek sluit 'n verbond met die plengoffer uur.
As skemer daal oor nog 'n Kalahari dag.
Kameeldoring kolos oor die ou kraalmuur.
Waar ek luister na die kwinkslae en lag.


Refrein 2:

Hanskalf, jou vraat!
Ho-ho-ho-ho-nou!
wil jy suip tot jy dood neerslaat?
Hanskalf jou vraat!
Ho-ho-ho-ho-nou!
Duiwelskjend, jy maak my mos nou kwaad!



Vroue tjaila al singend, hul boude koggel so-so,
Wit voels swerm Noord, rigting Molopo,
Oom Kooitjie suig sy pyp, Neef ons mag mos nie kla.
Na die goeie reen het die veld geil gedra.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

skemeruur
Dis mos nou sommer 'n lekker ene hierdie -- ek mis net die song...
7 jaar 4 maande 4 weke 1 dag 23 ure oud



Maanvrug

deur Maangodin

Die, nou al berugte, eerste erotiese Afrikaanse roman.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar