Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Kan ek jou wakker maak
as aaklige drome mý wakker maak.

Kan ek saans by jou inkruip
as hartseer in my hart inkruip.

Kan ek by jou my trane stoor
wat gereeld oor my wange stroom.

Kan jy my teen jou vashou
as mens se wreedheid my glimlag vashou.

Kan jy vir my ’n mamma wees
want my eie kan nie by my wees.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

mamma
oe Willie dis fabulous!!! die musiek is pragtig. Jy het my heerlik verras, baie baie dankie.
5 jaar 10 maande 2 dae 14 ure oud


***
Mooi aanbieding, mooi versie -- Dankie Willie en Bets!
5 jaar 10 maande 3 dae 18 ure oud



Volg net die Skoenlappers

deur Anria

Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar