Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

ons steek vanaand die kerse aan
wyl ons harte weer gedenk
die stal, die krip en die baba
(nog nóóit 'n groter geskenk)

ons dink aan Maria en Josef
en aan 'n Betlehem daar vêr
hoe die heilige nag verlig is
deur die skittering van 'n ster

ons verlang weer na die vrede
en die wonder van 'n Kind
~ wat eens vir ons gebore is ~
in sagte doeke toegebind

hoe graag wil ons soos eng'le wees
wat met vreugd' U lof besing
en soos nederige herders
wil ons U skape huis toe bring

want onder hierdie Suiderkruis
is onse voete moeg geloop
en smag ons na verlossing, Heer
mank aan liefde en aan hoop

maar vanaand lui ons die klokke
en glo ons weer – Immanuel
uit die hoogste hemel hoor U
hoe prys ons U in Brackenfell

*

o, Here, dis weer Kersfeestyd
mag ons die boodskap nooit vergeet
en laat ons harte ewig jubel
oor dié kind, wat Jesus heet




C. Shaw
23 November 2015



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

***
Pragtige gedig, Carma en so mooi aangebied op YouTube. Dankie, daarvoor, Willie -- puik idee.
3 jaar 9 maande 1 week 1 dag 8 ure oud


Kersfees
Een van die mooiste kersgedigte wat ek lanklaas gelees het.
3 jaar 9 maande 1 week 1 dag 11 ure oud



Inge

deur Rachelle du Bois

Inge Bergh is ‘n suksesvolle sakevrou. Sy besit en bestuur haar eie teetuin in die Bergh Kwekery. Sy is gelukkig en tevrede solank sy net genoeg tyd kry om te verdwyn na haar spesiale hoekie by die fontein. Tot haar skok en ontnugtering vind sy een aand iemand anders daar. By haar plek. Wat soek die stil en teruggetrokke buurman, André Grobler, snags in hulle tuin by haar fontein? Hoekom is hy hier waar sy is, nag na nag? En hoekom kan sy nie wegbly nie – wat is dit wat haar snags hierheen bring, net om hom hier te kry? Sal sy ooit verstaan wat dit is wat hom dryf? Sal sy kan verklaar hoekom sy aan die bewe gaan by die blote gedagte aan die aantreklike man met die versluierde oë?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar