Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


By die dieretuinmeer
Speel 'n fluitjie bly en seer
Soeter as 'n voel se bek
Word mense nader getrek
Die ritme laat die vingers klop
Spelertjie skop stoffies op
Beentjies klap teen mekaar
die lewe is so lekka swaar


La ons jive, jive, jive, jive die penniefluitjie jive, jive, jive, jive, die penniefluitjie jive!


Kleine straatmusikant
Speler en fluit nou verwant
Sy oempie Fana rock en bop
En sy ma, sy laaik haar dop
Casino baas se naam is Sol
Afkophoenders kan nog hol
Nee, hy traai nog noeit die dice
Koep ma Bhoola se meatpies



Refrein:

La ons jive, jive, jive
Die dice alwee op five
Kom die kwela-kwela-kwela
Kruip weg onne die umbrella
Alexandra sal survive
Met die penniefluitjie, die penniefluitjei, die penniefluitjie jive!


Elke dag sonder duit
Kom hy met sy penniefluit
Om paa pennies te verdien
Passop as die Pollies sien
Se hul kwela, kom kwela
Laat jy klim die vangwa
Kom proe ma gou die sambok
Jou lawai maak mos amok


la ons jive, jive, jive, jive die pennifluitjie jive, jive, jive, jive, die pennifluitjie jive!


Alexandra se swart sky
Hier praat ons mos almal fly
Weet mos nie wie is my pa
By die shabeen le my ma
Tekkies wat so lekka trap
Kniee wil ok saam klap
Jive jou sorrows uit my bra
Daavoo sal ek jou bokkerol vra



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kodeks

deur Nini Bennett

Nadat nini Bennett bekroon is as kortverhaalskrywer (RAU-Mardene Marais Prys) en as jeugverhaalskrywer (The International Room to Read Children's Book Competition), debuteer sy met 'n digbundel, Kodeks. Sy was een van die vyf debutante wat genooi is om die Versindaba-fees te Stellenbosch (2011) by te woon. Veral die literator Charles Malan het die bundel hoog aangeskryf.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar