Musiek & Lirieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Kom sit hier by my
laat die dag sy end kry
met jou aan my sy
kan alles maar verbygaan

Kom sit hier by my
met koffie in jou hand
en aan die ander kant
raak jy aan my


Kom sit hier by my,
die dag is nou verby
maar die donker wil niks sê
as jy hier by my lê nie

Wees maar net by my
woorde sê maar min
woorde kan nie eers begin
om te sê wat lê hier binne-in nie


Kom sit hier by my
voor ons ons weer kan kry
het die lewe sy oë genip
en weg is ek… of jy

Lewe saam met my
elke oomblik ‘n ewigheid
die lewe is ‘n dansbaan
nie ‘n worstel kryt.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dankie almal
en: Ja Werner, ek sit dit maar self op musiek soos ek met die kitaar sit.
8 jaar 4 maande 5 dae oud


Kommentaar
Ek se ook bravo! my vriend. . . Bravo!

Vonnie
8 jaar 4 maande 5 dae 22 ure oud


BY MY
Bravo, bravo! Pragtig!
8 jaar 4 maande 6 dae oud



Gister se Onthou

deur borrels

ek pluk 'n klompie letters van 'n laning woord-bome af dan bou ek 'n vers daarmee die trand daarvan soms bietjie laf maar die woorde van die verse kom diep hier uit my hart dit skets die liefde van die lewe soms met pienk en soms met swart



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar