Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vervalsings, na-maaksels, is deur die eeue ’n nering en ook ’n hoog gespesialiseerde bedryf – noem dit selfs ’n Kunsvorm.

Die Kunste is ook die mees vertrapte, verkragte, misbruikte, misvormde en mis-taste gawe.
Dit moet ek eintlik in hoofletters skryf – GAWE.
Daar is GEEN medikasie, berading, behandeling wat die Gees van die mens, kan heel soos die Kunste nie; Hetsy skryf, teken, musiek rangskikking, hare doen, klere maak, tooi tot mooi . . .
In alles is ’n Kuns.
Dan is daar die verkragters – en die lot wat ek in hierbo noem.
Skryf: In tydskrifte en Koerante snert neerpen
Musiek: Hier bly ek stil,skud my kop en bejammer die arme verlore siel op die verhoog voor sy honderde dissipels wat aan sy patetiese, lippe hang.

Die ware Kunstenaar is verborge.
Die ware Kunstenaar loop nie te koop nie, soek nie roem en eer nie.
Van die grootse Kunstenaars het in ellende, siek en eensaam gesterwe.
Daar is nog van hulle, jy kan my maar glo, daar is vandag nog van hulle wat ‘on-ontdek’ siek en in ellende, voortydig sal sterwe.

Om materiaal te vind vir my vertonings, is ek ’n ou hond. Ou honde loop laat en na plekke toe.
Daar is plekke. Dit is plekke van genesing.
Dit is plekke waar die gewondes en die bloeiendes heengaan.
Want daar is ook vrolikheid en samesyn en geluk.
En die Wenende put uit daardie medikasie.
En daar is ook die Waarheid – die ware Kunstenaar wie geen publisiteit soek nie.
Wie stilletjies inkom, sy musiek goedjies uitpak in sy hoekie, ’n bier loop haal en dan begin.
En wanneer hy vroegoggend sy goedjies weer oppak en skuins-skuins verlaat en vetrek na . . .
Niemand weet waarheen nie.

En, tussen die luide geselligheid sal die wenendes, een-vir-een nader sit, vooroor op die arms leun en stip , onsiende , na niks staar en indrink van die medisyne uit die Kunstenaar se instrumente en oor sy lippe.

Hier moet die vervalser, die nuuskierige, lig loop. Hier, tussen al die pragtig, jolig, hartseer en bloei, moet jy mooi trap.
Hierdie is intieme, heilige gebied wat alsó gerespekteer moet word.

Alles bostaande is om te verduidelik waarom die opname wat ek gaan speel, ’n fyn stukkie spioenasie was. Die instrumentjie waarmee ek opgeneem het, is klein en net bedoel vir data insameling.
Die opnametjie is ongelukkig swak en glad nie verteenwoordigend nie.
Ek is jammer.

Drink in en beleef saam met my die atmosfeer daar binne waarvoor ek in my eenvoud, net nie die woorde het om te skilder nie.


Willie F van Tonder.
2012/07/04



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

musiek
verlang ek na my kinderdae ons is 'n baie musiekale gesin gewees my pa het kitaar gespeel en van my ooms elektriese kitaar ek het op my pa se voete leer dans en eks mal oor country musiek so hoop as dit die here se wil is om eendag daai cd te maak wat ek graag wil.... jy vat my ver terug sit met trane in my oë vanaand bring 'n diep verlang!
7 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 13 ure oud


musiek
ek is mal oor die musiek baie mooi!!!
7 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 13 ure oud


Kuns
Dankie. Musiek is mooi gedoen
7 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 14 ure oud


.
Die bedryf van Kuns/Skep laat nie tyd vir speletjies speel nie.
7 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 19 ure oud


Kuns is Godspraak
Ek vind God meer in die uitings van van die ware kunstenaar as in al die dogmas wat die kansel voor ons kan uitgooi - dankie vir hierdie stukkie lewe...
7 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 21 ure oud


...
Dis baie waar. Maar gelukkkig sal die ware kunstenaars bly skep en die rowers hulle rieme styfloop. Eendag. Ek glo daar is 'n rekord in die hemel van elke stukkie ware kuns, want dis Sy GAWES wat ons mee werk. So sê die Woord.

7 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 22 ure oud


Kuns
Diep prate wat jy hier praat. Ek sou so graag die woorde wou hoor.
7 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 22 ure oud


Opname
Ek antwoord Vic sommer hier omdat baie die vraag vra: Daar heers 'n ongekende onrus by Kunstenaars:
1. By groot vertonings is dit amper algemeen: Geen Kameras. Geen bandopnemers. geen - geen - geen . .
2.Net Copycats wat ander ouens se goed sing worry nie.
3. Kyk by die profiele op Woes: My werk is my werk en jy los dit uit!
Wat in elk geval niks beteken nie. Daar is 'n Internasionale REG wat Intellektuele eiendom beskerm - indien jy die GELD het om die Reg te gebruik
4.In hierdie betrokke geval sal daai sensitiewe Kunstenaar dadelik op pak en loop, sou jy met kamera en of bandmasjien opdaag en sal jy in elk geval vir ses weke nie kan sien nie indien sy aanhangers met jou klaar is.

Ek sal egter probeer en vir julle insae gee in sy oorspronklikheid en sensitiewe werke.
7 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 23 ure oud


Laat my terug dink
aan die Shodows.... sekerlik hulle voor vaders ?
7 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 23 ure oud


Kuns...
Waar woorde Willie. Wonderlike stukkie gevoelsmusiek -- net jammer van jou opnameapparaat...
7 jaar 6 maande 4 weke oud


*
Sela & Amen.
7 jaar 6 maande 4 weke oud


kunstenaars
o dis so waar. kuns kom uit die siel en daarom is dit so kosbaar en is dit so jammer dat dit in rand en sent omgesit moet word, want hulle is so dankbaar vir elke verkopie Natuurlik is daar die wolwe en woekeraars wat gretig hulle lippe aflek en vervalsings vervolmaak.
Maar terug tot kuns en spesifiek skilderye, dit neem jare se geoefende oë om die werklike goeie skeppinge onmiddellik uit te ken en werklik te waardeer.
Maar die vervalsings, eish, sommige van hulle is al so goed daarmee en flous menige waardeerders.
7 jaar 6 maande 4 weke oud



ENGELE EN ROWERS

deur Piet Schoombie

Vier-en-twintig lekker lees kortverhale, sketse en artikels oor uiteenlopende temas en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar