Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Die vele fasette van 'n vrou
Amuseer en fassineer
Ek moet erken soms kan 'n man
Selfs 'n ietsie van haar leer
Kupido se kolskootpyltjies
Was niks anders as twee kuiltjies
'n Duikie in elke wang
Haar glimlag het my hart gevang


Da-da, da-da, da-daa-die-dou
Agter elke man staan daar 'n vrou



Nou is sy wysgeer Sokrates
Wat peinsend filosofeer
Haar rede laat my kopkrap
'n Gesprek wat stimuleer
Dan weer grapjas Chaplan
Humor wat uitoorle en terg
Vang sy my telkens onkant
En verlekker haar oor my erg


Da-da-, da-da, da-daa-die-dou
Agter elke man staan daar 'n vrou



Haar wilde weste, John wayne streek
se waagmoed staan my gladnie aan
As sy my uitdaag en wegbreek
Kom my ou perd weer laaste aan
So vol bravade maar tog iewers
Woed in haar siel 'n liefdesdors
As sy snik oor Afrika-renosters
Met haar krulkop teen my bors


Da-da, da-da, da-daa-die-dou
Agter elke man staan daar 'n vrou



Teer vertroos ek haar pyn en hartseer
'n laggie huiwer op haar wang
Tussen die blink traandruppels deur
Soen ek haar vrese en haar bang
Ja, Kupido se kolskoot pyltjies
Is niks anders as twee kuiltjies
'n son-deurbreekte glimlag
Maak 'n man se hartsnare sag



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

KIEKIES

deur Kiekies

'n Potpourri van aardse en menslike insidente, wat wissel van skreeusnaakse humor tot hartroerende tragedie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar