Musiek & Lirieke

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

dis die sout op haar lippe
dis die sout oor haar wang
en sewe pelikane
wat bo Saldanhabaai hang

dis die daisies aan die voet van die grys klipkrans
en die witkruisarend wat oor die veld swerfdans

dis die wolke in die hemel
dis die wit teen die blou
en ooievaars wat koers
verby Darling hou

dis Jan se skuit voor die water op die land
dis die meeu in die mis wat sweef oor die sand

dis die wasgoed op die lyn
wat in die weswind wieg
en swaweltjies wat t'rug
vanuit die noorde vlieg

dis by Langebaan waar die wind so waai
oor die meer by die strand vlieg 'n witborskraai

dis die sout op haar lippe
dis die traan oor haar wang
en nog een pelikaan
wat bo die Postberg hang





C. Shaw
9 September 2015



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Traan . . .
Dis pragtig gedoen Willie. Aai, dis mooi . . .
4 jaar 2 maande 4 weke 23 ure oud


liefde
Aaai, WILLIE! Dit was nou 'n heerlike verrassing. dis sagmooi en die musiek en die voorlesing het nou sommer 'n traan na die oog gebring :-)
4 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 5 ure oud



Ontdek die Siel in my

deur helna

Dis vir my 'n eer om my eerste digbundel te kon uitbring. aangesien ek 'n passie het vir die kunste is die omslag een van my eie werke! "Ontdek die Siel in my" het sover net positiewe kommentaar ontvang, kom deel asseblief hierin.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar