Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Sy't toe haar biljoener gekry, my gelos soos 'n warm patat
haar laaste woorde aan my, so jammer my skat
Ek's wel blond maar tog glad nie dom
Eendag sal jy, wel oor my kom

Sy geld die praat, hy ry 'n slap Limousin
Sy dra sy ring van vyf karaat, maar vir 'kiepie' wil sy bemin
Hy spog met haar oral waar hy gaan
En my liefde moet dit maar verstaan
Toe-roe-toe-toe,  liefde of Mammon
Toe-roe-toe-toe,  waarom my Blom?
Toe-roe-toe-toe,  kies jy Mammom?
Toe-roe-toe-toe,  my Blom waarom?



Refrein 1:

Maar ek het nuus vir haar
Geen tyd om oor haar te treur
Elke aand staan daar
'n Prinsessie voor my deur
Sy se moenie jou verknies
Sy't 'n ryk ou Toppie gekies
Ag nee man sies,
tot haar eie groot verlies!



Die stad se neonligte wink, waar gaan ons kuier, jol?
Ons is jonk en wil rinkink, oor sokkie is ons dol
Daar's lente in die lug, nuwe horisonne wag
Carpediem ou skat, ons pluk elke dag!
Toe-roe-toe-toe, liefde of Mammon
Toe-roe-toe-toe, waarom my Blom
Toe-roe-toe-toe, kies jy Mammon
Toe-roe-toe-toe, my Blom waarom?


Sy's nou haar ryk Toppie se mooi jong vrou
Haar wittebrood 'n wereldreis, vir sy geld getrou
Hoog-op die elite-leer, in rykmanskringe rond
Onthaal sy die hoelui, met 'n stywe mond


Refrein 2:

maar in haar bed is waar sy treur
Smag na my kloppie aan haar deur
Hunker na my arms om haar lyf
Geen geld kan haar voetjies warm vryf
Dan fluister sy: My liewe skat
Ek verlang na jou lippe op my mond
Waarom het ek vir Pappie gevat?
My siel, my siel, ewig verwond!





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Jesus Beter en Beter

deur Lynie van Westfort

'N digbundel deur God geinspireer. Geskryf deur 'n verloste vrou. Baie diep het Hy my uitgehaal.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar