Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Daars 'n byslig kruis
Bo op die kruin
Wat die aande lig
met God se syn

Bring jou siektes
Bring maar jou pyn
Hulle sal gou
In die vlaktes verdwyn

Lang arm liefde
en brand arm wyn
Kom vind vir jou siel
Hier in Loeriesfontein
Lang arm liefde
en brand arm wyn
Kom dans met die sterre
in Loeriesfontein

Lammers ble in kinderspel
Die dorre son hy eet jou vel
September bring die blomme wel
Hier halfpad tussen Hemel en Hel

Vergeet van jou klagtes
Volg maar die syn
September bring blomme
in Loeriesfontein
Lang arm liefde
en brand arm wyn
Kom dans met die sterre
in Loeriesfontein

Harte sonder grense
Bly bo op die kruin
Onder maanlig wat
vol liefde verskyn

Sit in stilte
met 'n kelkie wyn
Laat vreugde jou
hele liggaam versuim

Bring jou hartseer
Bring maar jou pyn
die sal diep
in die sterre verdwyn
Lang arm liefde
en brand arm wyn
Kom dans met jou siel
hier in Loeriesfontein

Dans met jou drome
so mooi en verfyn
Onder maanlig
Wat so helder skyn

Dans met jou drome
dans weg van jou pyn
dat die soos mis
in die oggend verdwyn

Lang arm liefde
en brand arm wyn
kom dans met jou drome
in Loeriesfontein
Lang arm liefde
en brand arm wyn
Kom kry weer jou hart
hier in Loeriesfontein

Kom soen vir jou siel hier in Loeriesfontein

Woorde. Patrick Smythe. Musiek. Patrick Smythe. Keith Austin.
Copyright reserved. SAMRO registered.
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ja, geluk ou mater
Geluk met jou finalis-liedjie Spyker, al is dit nou mostert na die maal, na die heerlike Gala-aand wat ons as paartjies saam beleef het.
7 jaar 2 maande 21 ure oud


Geluk
Baie, baie geluk met die een. Trots op 'n mede woester wat die finaliste gehaal het.
7 jaar 7 maande 6 dae 14 ure oud


Ek hou hiervan
Eks mal oor die rural gevoel van die liedjie - Iets van Anton Goossen (in sy jongdae). Hou aan daarmee!
8 jaar 4 maande 2 weke 4 dae 20 ure oud


Loeriesfontein
Dans met jou drome
so mooi en verfyn
Onder maanlig
Wat so helder skyn

Dit is werklik so mooi verwoord, hou hiervan!
8 jaar 11 maande 2 weke 10 ure oud



Die legkaart van ons lewe

deur hopeanointed

Jare se ervarings van diepe seer het ons geleer dat ons lewe ṅ legkaart is in God se hand wat Hy spesiaal uitgesoek het deur Sy liefde en genade om te voltooi. ṅ Legkaart, kosbaar en uniek waarvan elke stukkie sorgvuldig met tyd en geduld uitgesoek word om presies in plek te pas. ṅ Legkaart in bou om aan ṅ gebroke wêreld te wys dat Jesus Leef!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar