Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

waar ek daagliks in ekstase verdwaal
in ongekende geluks-waterpoele
saggies draal tussen die groen mos
van jou opregte omgee se sagte hand

in warm kleur van karmoesyn
waar jou intense liefdeswaterval
my totaal oorspoel in suiwer geluk
en my snak-asem wagtend agterlaat

strelend met groen varing-vingers
oor songebakte hartstog klippe
dartelend en romtomtalie draai
in vir-altyd-onthou teer oomblikke

deur die magtige waterval van ons liefde
weerkaatsend deur reënboogkringe
van son se omgee warm strale
vind ek jou in perfekte nuanse

© Anzé Bezuidenhout




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Waterval
Baie dankie Willie vir hierdie pragtige verwerking
4 jaar 11 maande 4 weke 1 dag 11 ure oud


***
Goeie keuse en aanbieding van Anzé se pragtige gedig, dankie julle albei.
5 jaar 4 ure oud



Die winkende Dood

deur neels claasen

die verhaal van n tienermeisie wat in dwelms se kloue beland het



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar