soos die skemer na die aandster soek
en 'n hen rondom haar kuikens kloek
soos die maan hom tot die nag bekeer
en die môre-uur die dag begeer
soos die bergpiek op 'n sonstraal wag
en die blou lug na 'n arend smag
soos Karoo-bos na die reĕn verlang
en 'n vinknes aan 'n tak moet hang
soos 'n lelie langs 'n dam wil wit
en 'n dassie teen 'n krans wil sit
soos kinders wat graag kaalvoet loop
waar 'n leivoor nog op water hoop
soos branders na die kus toe neig
en pêrels aan 'n snoer wil ryg
soos rivier-monde die see wil vind
en die lafenis...in 'n somerwind
soos 'n berggans na 'n Wuppertal
en 'n plekkie waar sy veer kan val
soos Namakwa-daisies van die lente hou
só groot...is my gemis
aan jou
Lees ander lirieke deur sneeuwolf
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die liriek
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie liriek
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Francis Gillieron
Beskryf die geskiedenis van die ou SA Weermag vanaf sy stigting in 1912 tot sy ontbinding in 1994. Die SA Weermag se voorgeskiedenis word ook weergegee.