Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

tussen kameeldoring en vaalbos
in die bosveld het ek jou gekry
my oog en hart net vir jou gelos
aan jou wou ek ewig en trou bly

stad se kind het jou weggeroep
liggies het jou bekoor en gewink
leeg die bosvelddroom se stoep
dis torings wat in jou ogies blink

(koor):
my bosveldkind waar is jy vandag
ons liefde wat eens vreugde was
jy wou nie tot duskant more wag
jou bosveld tussen boom en rou bas

hoor my as die bosveld roep na jou
as ek en neushoring na jou verlang
ek aan gister se saamwees vashou
aan die droë vaalbos jou foto hang

stof getrap op die pad van my hart
’n toekoms wat ons saam wou vat
stilte roep binne my in rou en smart
liefde poeier soos n bosveld stofpad

(brugvers):
jy met die groenbruin in jou troebel oë
jy met die mond wat prul en maklik lag
jy met die diepste dimpels op jou wang
jy met die hart wat vir wie se liefde wag

waar gees en siel van wanhoop kwyn
waar kiewiet sy bed met leegheid deel
waar kameeldoring van droogheid pyn
daar het jy my hart ewig vir jou gesteel

ek wil jou o ek wil jou waar gaan haal
in wind en reën en warm son se straal
teruglei langs sekelbos se ruwe groei
waar patrys hoopvol in droogte broei

(koor):
my bosveldkind waar is jy vandag
ons liefde wat eens vreugde was
jy wou nie tot duskant more wag
jou bosveld tussen boom en rou bas

jou liefde is nie warm of koud of lou
wag en huil en roep my hart na jou
my liefde aan ewigheid vasgebind
jy my enigste wegloop bosveldkind (2x)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Bosveldkind
Het U 'n melodie in jou kop - mooi woorde.
Spyker K
4 jaar 3 maande 1 week 2 dae 21 ure oud


Ano
Bosveldkind
Baie mooi beskrywend. Sy klink na 'n spesiale nooi
4 jaar 3 maande 1 week 3 dae 2 ure oud


Bosveld
Ai, wat is dan nou mooier as die Bosveld. Dis so lekker om al die bekende bome se name te hoor. Jou liriek behoort lekker te sing...
4 jaar 3 maande 1 week 4 dae 14 ure oud


bosveldkind
sjoe dis pragtig geskryf en lieflike woorde.
4 jaar 3 maande 2 weke 22 ure oud


bosveldkind
Besonder mooi beskrywend neergepen. Volpunte.
4 jaar 3 maande 2 weke 2 dae 2 ure oud



RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Bundel homofiliese kortkunsprosa.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar