Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


i)
Ag help my soek
help my tog soek
Op land, lug en see
in elke hoek
Naarstigtelik soek ek
na my ribbebeen
Kan iemand my se
waar is sy tog heen?
Absoluut noodsaaklik
dat ek haar moet kry
Van die begin af
is sy deel van my
Reg onder my hart
is sy uitgesny
Help!
help! my tog soek!


REFREIN:

Heleentjie, Heleentjie
Kaalvoet in die geelperskereentjie
Heleentjie, Heleentjie
Is jy my eie ribbebeentjie?
Heleentjie, Heleentjie
My sewe-dae diamantsteentjie?
Kom les my bors
se grote dors
Ek hou jou plek
jy pas perfek
Kom les my bors
se grote dors

Net jy en ek
Eva!
maak toe die hek!



(ii)
Sy is so skaam
die klein Heleen
Is sy my eie
verlore een?
Ek kyk haar so diep
in haar bloue oog
Weerkaats ons liefde
'n hartstog boog?
Ek wik en weeg
ek meet en pas
Ek trek haar styf
in my hart in, vas
En toe sy se:
Adam!
weet ek ons
gaan lepel le



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar


DAG VAN DIE BLOEISEL

deur Johann P. Boshoff

"Dag van die bloeisel het my gevange geneem vanaf die eerste bladsy. Skielik was ek terug in my tienerjare – bewus van die tere vitaliteit van jeugdigheid. Die karakters kry lewe in persone wat ek iewers geken het. En wat ek wéét vandag nog rondom en tussen ons is. Dit is die soort eerlike boek wat ek enige tyd in die hand van ‘n Christen-tiener sal plaas." -- Dr. Ralph Barnard, skrywer, predikant en teoloog



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar