Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


êrens in Kwazulu-Natal
vêrweg van enige regte huise
en strate...
...in die veld...
staan 'n gehug
afgeëts teen die blouste lug
mure gevorm uit gras en tak
seil en sink...
gerangskik tot dak

binne staan 'n tafel...
dis net 'n plank
neergelê met wil en dank
op ou dromme...as pote
en 'n lendelam bed...
van normale grootte
maar dun van matras
en min van kombers
in die hoek op die grond
een enkele kers

en die water kom van vêr af
...die water word gedra
maar koffie kan jy kry
sonder dat jy vra
maar...
dit kom sonder melk
dit kom sonder suiker
en die beker is blik

en die enigste luukse
ja...die enigste seëning
is iets vir die soetigheid
dis...'n klein bietjie heuning

en 'n kind skop 'n klip
verbeel hom...dis 'n bal

.....en dis maar al.....

daar vêr oor die velde
van Kwazulu-Natal





C. Shaw
29 April 2014




* Hierdie bydrae het ek geskryf na aanleiding van Jan van der Merwe se bydrae oor dankbaarheid. Dankie, Jan.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Heuning
Pragtig voorgelees saam met die rustige musiek. Lieflike foto.
5 jaar 11 maande 1 week 4 dae 16 ure oud


heuning
Baie dankie, Willie. Pragtig voorgelees. Ek waardeer dit sommer baie. :-)) en baie dankie ook vir die gepaste foto..
5 jaar 11 maande 1 week 5 dae 5 ure oud


dit gelees
Dankie Wolfi, dis pragtig, albei hoor.
5 jaar 11 maande 1 week 5 dae 19 ure oud



ENGELE EN ROWERS

deur Piet Schoombie

Vier-en-twintig lekker lees kortverhale, sketse en artikels oor uiteenlopende temas en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar