Weergawe: 1
Aantal woorde: 80
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 05 Jan 2016
my veglustige kloue kerf diep
verby die klaaglied van jou rukkende siel
so ver en wyd verwyder dat die
verlate doopvond in oorvloed antwoord gee
alles is omgekeerde geluk – kruise wat
swartgallig hul verlossers verwerp
sonder my aangesig is die prent van jou
breinskade onvoltooid
verbrand die poorte van my swak hart
verdeel my armoede onder julle
en trek die skoot af
want ek is ver weg van die moederskoot
af vermink tot die abominasie
wat ek is
© T. Fourie
Lees ander lirieke deur Tertius Fourie
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die liriek
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie liriek
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae