Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

hierdie skoene het duisend duidelike myle gestap
in dik Bosveldsand skerp kameeldoring flenters getrap
oor snyklippe en rotse is sole erg verweer
selfs op een plek bruinsagte leer geskeur

op jakarandapers kombers lank stilgestaan
verpoos tot aromatise geur weg deur neusgat baan
teen geroesde hortjies van windpompleer op
wat in windstilte kierie-kierie kreunend stap

langs Skedelkus se helse vuurwarmsand beweeg
met spierwit beendere, skeepswrakke nou leeg
hierdie skoene hoewel op, voos, flenters en oud
gaan opgehang word in herinneringe met goud




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

skoene
wat n pragverwerking van hierdie mooi gedig van Evelyn. Dankie vir jou deelname aan die Natuur projek
4 jaar 8 maande 3 weke 4 dae 3 ure oud


***
Mooi, Willie en Evelyn -- mooi woorde en lekker musiek...
4 jaar 8 maande 3 weke 4 dae 20 ure oud



Weerloos

deur Maangodin

Eroties Afrikaans - sodat ons in ons eie taal geprikkel kan word.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar