Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Here, my sonde word die berg Ararat
Melaats-verwerplik smag ek na U waterbad
Op my aangesig val ek voor U voete neer
As die stikdonker nag my wese weer wegteer


Here, ek's armlastig wat kan ek U gee?
Hoeveel is genoeg om my smet mee plat te vee?
U nooi: Kom koop sonder geld, sonder werk of goed
Dis verniet, jou redding in my Seun se bloed


Refrein:

Net uit genade, red U my, o Heer
Net uit genade, U heilig Naam ter eer
Net uit genade, U liefde so groot o Heer
Net uit genade, word ek minder, en U al meer


Die purper voorhangsel was my sondelas
Dit skeur oop toe U Lam's offer my sneeuwit was
Hy dra my straf se bitter beker aan die kruis
Open vir my die deur, na Sy Vader se huis


Jesus, U's die weg, waarheid en lewe
Deur geloof, ook vir my verlossing gegewe
Betree ek die hemel slegs deur U heiligheid
U is Koning, tot in alle ewigheid



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Lied
Ek dink hierdie sal werklik 'n goeie lied wees om by 'n Christelike byeenkoms te sing. Dit sal beslis werk saam met musiek...goed gedoen
6 jaar 11 maande 2 dae 5 ure oud


Liedjie
Pragtige mooi liriek,
kort net die musiek?
6 jaar 11 maande 2 dae 9 ure oud


verniet
Ja alles is verniet al wat ons moet doen is om te glo. Mooi neergepen.
6 jaar 11 maande 2 dae 9 ure oud



Vader, vergeef

deur http://www.woes.co.za/

'n Geestelike digbundel met 46 Gedigte wat begin by sosiale kommentaar oor die euwels in ons samelewing en dan oorgaan na storiegedigte gebaseer op ware verhale van gebedsverhoring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar