Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende








 dis stil
lank lank na middernag
en die oujaar se skelet
lê bleek, gedweë eenkant gestoot
in die skadu van gister en vandag se donker nag

ek staan op
steek nog ‘n kers aan
maak ‘n stok wierook brand
luister na die reëndruppels op my dak
en staar stil na die dowwe lig van ‘n halwe maan

ek staan alleen
in die middel van die nag
blaai deur boeke vol gister-se-gedagtes
staar blindelings na niks en soveel
en ek vra vir leiding, vir moed en vir krag

ek haal asem
diep, diep asem en teug die nag
ek adem lewe en ek sluk lewegewende krag
vir die dag van nou en die dae daarop
ek vra om krag vir elke volgende dag

‘n voël se na-nag fluit
versplinter my gedagtes, versnipper my seer
laat my glimlag, gee my hoop
en laat my staan, regop staan
in afwagting van wat ek as mens nie kan keer …



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Willie
Baie baie baie dankie. :)) Ek gee jou sommer 'n groot druk en 'n groooooot dankie vir jou as mens. *Mwah*
4 jaar 9 maande 2 weke 5 dae 18 ure oud


nuwe jaar
Knap gedaan
4 jaar 9 maande 3 weke 2 dae 19 ure oud


nuwe jaar
pragtige verwerking en voorlesing Willie
4 jaar 9 maande 3 weke 2 dae 20 ure oud



ORAL IS MY GOD

deur Johann P. Boshoff

N.a.v. hoofsaaklik Psalm 139 word God se aktiewe teenwoordigheid in Boshoff se 36ste boek bepeins. Aandag word in 'n opstel ook geskenk aan die skryf van 'n oordenkingsbundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar