Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Pa...
eenmaal...
(dit was toe ek jonk was)
het Pa gesê...ek is mooi
maar my hare was nie blond nie
en my lippe en my wange...
nimmer...blosend rooi

"one day - you'll be the queen of the ball"
het Pa gesê...
maar Pa was verkeerd...dis nie so nie
en ek weet...Pa sal my nie glo nie
maar...
ek kan glad nie eens baie goed dans nie


maar ag...
wat maak dit tog saak
as ek nie kan wals of cha-cha
of jive nie
wat maak dit tog saak...
as ek so muurblom
langsaan die baan

want, Pa...
eendag
(dit was toe ek jonk was)
het jy siek geword...
en doodgegaan




C. Shaw
13 Junie 2014



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

***
Glimlag ek nou vir die foto :-)
Baie dankie, Willie...dit is pragtig..
5 jaar 3 maande 1 week 1 dag 6 ure oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar