Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Meisies net 'n goedbedoelde waarskuwing
Pas die man in jou lewe op
Want as Hanna die vertrek instap
Draai jou ou sy onbeskaamde kop
En hoe kan dit dan ook nou anders?
Sy's sensasioneel verby
Die manne droom van haar in die branders
Maar haar hart, kon niemand nog kry


Refrein:

Passop, passop vir Hanna
passop vir Ha-ha-ha-ha-ha-na
Passop, passop vir Hanna
Passop vir Ha-ha-ha-ha-ha-na
Van die Kaap tot in Saldanna
Is dit Ha-ha-ha-ha-ha-na
Passop vir ha-a-a-a-ar
Hoe, hier kom sy nou
Passop vir ha-a-a-a-ar
Waar is my ou?

Pasop vir ha-a-a-a-a-ar
Hoe, hier kom sy nou
Passop vir ha-a-a-a-a-ar
Waar is my ou?

Passop vir Hanna!


Meisies net 'n goedbedoelde waarskuwing
Voor jy dit nog mooi kan besef
Is jy die omgekrapte muurblom
Dans Hanna met jou Jaques, Louis of Stef
Met jou selfvertroue suur-geknou
Voel jy vet, vervelig, oud en vaal
Haat jy jou ou wat haar so styf vashou
En Hanna se blou oe, wat in syne straal



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hahaha
Hanna met die kêrels an haar hanne,
het sy al haar hanne vol met die hanne van die manne?
of is dit die hanne van die manne
wat vol is met die kanne van mooi Hanna?
7 jaar 2 maande 2 weke 3 dae 17 ure oud


Hanna
Hou hiervan Karmenaadjie en ons sal op die uitkyk wees vir haar en haar 'n les of drie leer.
7 jaar 2 maande 2 weke 3 dae 21 ure oud



Volg net die Skoenlappers

deur Anria

Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar