Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Andries, Andries,
maak jou oë oop en kyk,
hoe jou kleine
stigting lyk!
Volksraad's grense
lê ver en wyd
en Transvaal's eerste dorp
is 'n pers tapyt!

Troebadoer studente
onder lampligstrate,
sing hartstogtelik
hul hartsballade;
Op die kampus
loop die akademie reg,
en op Loftus draf die bokke
met die louere weg!

Kerkstraat lê
kultuurvas lank,
en oom Paul lig
sy hoed met dank;
histories troon
die monument,
oor oorlog smart
en konsentrasietent;
en op die Uniegebou's
terras,
maak verliefde paartjies
groot beloftes vas!

Kommandant-Generaal,
Dis tyd dat jy weer
jou perd opsaal,
voor jy in jou eie
plek verdwaal!
Hoor hoe hul Tshwane!
Tshwane! skree-
Maar soos een man sê ons:
Neee! neee! neee!
Petoria sal Pretoria bly
totdat die perde
horings kry!


REFREIN:

Andries, Andries,
maak jou oë oop en kyk,
hoe jou kleine stigting lyk-
Kommandant, Kommandant,
Kommandant-Generaal,
sal jy weer jou perd opsaal?
Hoor hoe hulle
Tshwane! Thswane! skree,
Maar soos een man sê ons:
Neee! neee! neee!
Pretoria sal Pretoria bly
totdat die perde horings kry!


© Elizabeth Greef - 21/01/2014



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

pta
dis nou goed geskryf.. het dit sommer saam gesing... hehe dink dit kan n groot treffer word stuur dit net vir die regte sanger!!!
6 jaar 1 maand 1 dag 11 ure oud


Hmmmmm
Ja, ons sal moet baklei vir wat daar nog oor is..
6 jaar 1 maand 1 dag 12 ure oud


.
Jy verf 'n baie mooi prentjie van Pretoria en dis jammer dat dit nie meer altyd so gesien word nie.
Mens is mos maar geneig om dinge gewoond te raak.

Anyway ... dis regtig pragtig ! (en maak mens trots)
6 jaar 1 maand 1 dag 13 ure oud


O
Baie mooi geskryf en so so toepaslik
6 jaar 1 maand 1 dag 13 ure oud



Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag gee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar