Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jy se, ons saamwees dae is verby
Nie meer lief vir my, maak jy my vry
Sommerso los jy my met al my angs en pyn
Nerens 'n lig, wat in die donker skyn

Seer, haal ek ons foto uit sy raam
Fluister Amore, vir oulaas jou naam
My menswees gesteel deur 'n sieledief
Sluit ek jou weg in my kop se argief


Refrein:

Robot (robot), Robot (robot), Robot van die Kaap
Harteloos is ek agtergelaat
Sonder liefde, sonder haat
Net maar jou outomatiese
robot van die Kaap
Robot (robot), Robot (robot), Robot van die Kaap
My lewe sonder doel of baat
Amorie, se tog weer vir my
voel jou hart nou bly en vry,
oor jou robot, jou robot, jou robot van die Kaap?



Sielserosie ken geen vreugde of maat
In dongas bodemloos agtergelaat
Meganiese opstaan, werk eet en slaap
so bla jou bla-bla-bla, blaende skaap

Heldersoet klink jou lag weer op
Soen jou lippe my warm voorkop
Skraap ek jou losdrade weer bymekaar
en ketting hul vas, in my hart se kas

Ek soebat my lief, bly tog nou vir ewig daar.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Robot
Baie interessant, hoor.
7 jaar 1 maand 4 weke 1 dag 15 ure oud


Robot
Jy skree vir weer nadertrek en terselfdertyd - bly weg! ken daardie een ....goed verwoord
7 jaar 2 maande 1 dag oud


JA!!!!!
Hier is iets wat sal werk. So by my kool!!!
Ek kyk uit vir dit op die treffersparade.
Kort net die regte sanger/es. (Nie Jack Parow nie, al verjaar hy saam met my.) Dink ekke.... ;-)
7 jaar 2 maande 1 dag 19 ure oud



Oak Seed

deur Rachelle du Bois

Alicia Venter was a cool librarian with her life and her career mapped out. Until she looked into the compellingly familiar eyes of a stranger. She was shaken to the core. Why was she so powerfully drawn to the stunningly attractive Martin Blythe, yet they’ve never met? Martin Blythe was rich, he was a successful engineer doing research in the university library. And then he looked into the familiar green eyes of a strange young woman. The earth moved for him then as he recognised her somehow. In an instant he knew she was a part of him without which he could not live. Would these two people find the answer to the strange coincidence that kept pushing them into each other’s lives? Would they resist or choose love?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar