Musiek & Lirieke

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Sie-so, jy wil my aan 'n lyntjie hou
Se my, is ek, of is ek nie jou ou
Ek is moeg van soebat en vra
Is ons 'n item, se net nee of ja?
Sie-so, jou aanhangers tree in rye aan
En as niemand sien, pik ek 'n traan
Jy se ek moet dit mos verstaan
dat jy met ander ook uit wil gaan


Refrein:

In die bondel vry, is nie vir my
Jy sie-so op en af, en ek moet draf
Jy se jy lief my meer as 'n ander ou
Hou dan op met wipplank en bewys dit nou



Sie-so, die wals bere jy vir Hans
En die cha-cha is bespreek deur Frans
Jou lyfie wikkel, twist en shake
as jy so jive met die rowwe ou Jake


Sie-so, jy sakkie met my pel Hendrik
En jy giggel as hy jou vasdruk
Jy't belowe jy lief my meer
Waarom rinkink jy altyd dan weer?
Sie-so, geniet maar jou rond flankeer
Op die rak gaan jy nog krepeer
Wipplank-ry is lekker nou vir jou
Maar kokette raak uitgebak, onthou




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kokette
Hmmm. Lekker woord, soos kottelette vir tjops...
Interessante lied. Kan dalk werk.
7 jaar 1 maand 4 dae 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Bertha se Stories

    deur natasha dutton

    "...my issues is maar soos joune, my vrese gegrond op ervarings, dinge waarvoor jy ook bang is. Die enigste verskil is, ek is 'n stort mens, geen badprop wat my geparfumeerde water in toom kan hou nie. Die lewe is nie 'n bad vol foam bath nie, nee jong, so maklik is dit nie. Die poepwalms laat jou verstik, nie eers te praat van die vloeistowwe nie! Maar dis die lewe." Wel, nou weet jy wat om van hierdie boek te verwag...



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar